Besigheid wat saak maak: Suksesresep vir adverteerders ...
Jonty Rens, BRAND et al se groep besturende direkteur, meen Besigheid wat saak maak vervul ’n baie belangrike rol in vandag se TV-advertensielandskap. “Dit was nie te lank gelede nie dat ’n 30-sekonde TV-advertensie al was wat nodig was. Dit het basies bestaan uit die vervaardiging van die advertensie, die beplanning van ’n mediaveldtog, die koop van lugtyd en die uitsaai van die ...